Nuwe Boere
Crux Dohne Merino
‘n Uitgewerkte plan
Met dank en erkenning: Smiley de Beer (NWKV).
BELANGRIKE DATUMS
15 Oktober: 180 dae voor paartyd
Die digtheid van die wolfollikels bepaal die wolproduksie van die lam regdeur sy lewe.
15 Februarie: 2 Maande voor paartyd
1 Maart: 6 Weke voor paartyd
24 Maart: 3 Weke voor paring
15 April: Ramme tussen ooie gesit
Drie tot vier persent ramme moet volgens hul vermoëns tussen die ooie gesit word. Interessante navorsing toon dat produsente wat 2% en minder ramme gebruik het, 9.7% droë ooie gehad het, teenoor die 3.7% droë ooie van produsente wat 3% en meer ramme tussen hul ooie gebruik het. Maak seker dat die ramme gelukkig is. ‘n Klippie tussen ‘n kloutjie beinvloed die dekvermoë van ‘n ram. Paar die jong ooie met ramme wat voorheen reeds gewerk het (nie ou ramme nie) en gee onervare ramme vir groter ooie. Dit is beter om, wanneer die ramme vir die eerste keer tussen die ooie gesit word, dit in die laatmiddag te doen. Ramme is uiters aktief gedurende die eerste 24 uur van die paarperiode en fisiese inspanning, gepaardgaande met hoë omgewingstemperatuur kan steriliteit tot gevolg hê.
20 Mei: Haal ramme uit tussen ooie
Oktober: 6 Weke na lamtyd
Ons is weer in Oktober, m.a.w. die hele jaar begin weer van voor af.
Sien so om na ooie tydens dragtigheid
- Ent ooie teen bloednier.
- Ent ooie teen tetanus, lamsiekte en sponsiekte as probleme ondervind word (daar is kombinasie-entstof beskikbaar).
- Probeer om blou-uier te voorkom deur kampe en krale skoon te hou en blou-uierentstof te gebruik.
- Voorkom toksoplasmore deur besoedeling van skaapvoere deur katte te vermy.
- Vermy weidings met plante wat misvorming en ander gebreke by lammers kan veroorsaak (weidings wat swaar met nitrate bemes is).
- Vermy entings en dosrings tydens vroeë dragtigheid.
- Voorsien voldoende voeding net na paring en voorkom drastiese veranderings in voedingspeil om resorpsie van die vrug te voorkom.
- Vul vitamiene A, D en E aan.
- Weeg ‘n aantal (ongeveer 10 % van die kudde) dragtige ooie minstens twee-weekliks om te bepaal of byvoeding nodig is. Toenames van 160-260 g/dag kan as riglyn vir die toename van ooie met enkelinge dien en 250-350 g/dag vir ooie met meerlinge.
- As ooie nie geweeg kan word nie, ken twee-weekliks ‘n kondisiepunt aan ‘n verteenwoordigende groep ooie om te bepaal of hulle kondisie na wense is.
- Indien byvoeding verskaf word, is dit beter om dit byvoorbeeld 2-3 keer per week te gee om so weidings-inname te stimuleer.
- As volledige voer in laatdragtigheid voorsien word, moet kundige advies ingewin word.
- Verseker optimale voedingstoestande vir lewenskragtige lammers, voldoende melkvloei en die voorkoming van domsiekte.
1 Augustus: Ongeveer ses weke voor lamtyd
10 September: Lamtyd breek aan
2 Julie: 42 Dae nadat ramme verwyder is
Ons is weer in Oktober, m.a.w. die hele jaar begin weer van voor af.