Welkom by
CRUX DOHNES
‘n robuuste skaapras
Dohne Merino
Dohne Merino Geskiedenis
Die skaap industrie in Suid Afrika het sy oorsprong in die vroë negentiende eeu. Na die Peninsula oorlog (1808 – 1813) is fyn-wol Merino’s van Spanje dwarsoor die wêreld versprei. Voor en na die wêreldoorlog het Merino skaapboere gesukkel om volhoubaar te boer as gevolg van lae lammeroeste en hoë mortaliteite.
Seleksie kriteria
Reproduksie onder natuurlike omstandighede is die kern van ons seleksie kriteria.
Goeie moeders is die basis van ons teling. ‘n Kaal, oop kop skaap, om die steekgras te trotseer. ‘n Vleis-wol skaap, met balans tussen wol en vleis. ‘n Puik bouvorm, met ‘n medium raam.
Ons werk saam
Die span
spesialiste
Skakels
Direksie
Crux Bestuursprogram
Die ideale merino
CRUX DOHNES
Dohne Merino’s is die ideale Merino afstammeling vir ‘n volhoubare wol/vleis- boerdery. Verbeter jou merino’s se gehardheid, vrugbaarheid en vleisproduksie met Dohne Merino ramme en behou steeds ‘n goeie vag op jou skaap. Gebruik CRUX DOHNE ramme om meer lammers te speen in ekonomiese realiteite waarin ‘n “wol-boer” se inkomste 80% uit vleis bestaan.
Vinnige feite
CRUX DOHNES het sy bestaan gehad in Edenburg in die Suid-Vrystaat in 2007. Vier bestaande telers naamlik De Put Dohnes, All-in-one Dohnes, Gnu Dohnes en Donum Dohnes, het ‘n teelgroep gevorm. Die eerste ram inname was Januarie 2008 en die eerste produksie veiling met 80 ramme en 2000 ooie, op die plaas De Put, Edenburg op 5 Februarie 2009. Huidig is Gnu Dohnes nie meer deel van CRUX nie.Gebeurtenisse
Sept 24 - Veiling
Sept 25 - Inligtingsdag
Crux Dohnes
Ram Gallery

Banier
R 60 000

Boeta
R 220000

Calvinia
R 100000
Leer meer
Praktiese Artikels
Riglyne vir nuwe boere om suksesvol te boer
Die boer wat onthou om die eenvoudige goed reg te doen en wat rêrig by die bestuur van sy skape betrokke is, maak meer geld uit sy boerdery. Die boer bestuur sy kudde volgens ‘n uitgewerkte plan wat voorsiening maak vir die belangrikste datums in die produksie-siklus.
Blup, Feite en Mites
BLUP is “presisie teling” vir die stoetboer.
Alle beskikbare data omtrent die dier en sy verwantes word in een ontleding gekombineer om die dier se teelwaardes ten op sigte van daardie spesifieke kenmerk te beraam ten einde seleksie besluite te neem.