Crux Bestuursprogram

‘n Program wat werk!
Crux Dohne Merino

Saam maak ons ‘n verskil!

Ram lammers vanuit die drie stoete, naamlik De Put Dohnes, All-in-one Dohnes en Donum Dohnes word vanaf 120 dae ouderdom in een populasie bestuur.

 

Die paar tyd van CRUX is 34 dae ,vanaf 5 Maart tot 10 April, sodat ooie in die lente lam vanaf 5 Augustus tot 10 September. Elke teler bestuur sy ooie self en hanteer die lammery op sy eie plaas. Die lammers word ge”tag” en grootgemaak tot op honderd dae, wanneer elke teler sy eie lammers weeg. Die ram lammers word dan geskuif na een plaas toe, naamlik Geluksdam, in die Edenburg distrik, tussen 100 en 120 dae. Die populsie word as eenheid bestuur, in een kamp op ‘n slag en vorm ‘n groep van ongeveer 1000 ram lammers. Op 120 dae word die ram lammers geskeer, weer op 12 maande geweeg en geskeer (middel Augustus) en data en wolmonsters word verwerk, by die LNR-Diereverbeteringsinstituut ,Middelburg (Oos Kaap). Al word al die ramme prestasiegetoets om teelwaardes te bereken, word ramme wat nie aan rasstandaarde voldoen reeds geidentifiseer net voor prestasie toetsing op 12 maande, sodat hulle geslag kan word na die weeg en skeer. Ons wag dus nie vir daardie C ramme se teelwaardes nie en slag hulle uit a.g.v. fenotipe tekortkominge. Nadat ramme se teelwaardes terug ontvang is, vind die finale keuring plaas die laaste week van November op Geluksdam.

die beste ramme

Die beste 10 AA ramme uit die groep van 1000 ram lammers word geselekteer op grond van alle beskikbare inligting en weer gebruik in al vier stoete. KI is soms nodig om die beste ramme by al vier telers te gebruik. Elke teler neem weer sy eie AA ramme terug plaas toe, vir kudde gebruik en die volgende 100 beste ramme skuif na De Put, Edenburg distrik vir ons produksie veiling. Die res van die ramme bly op Geluksdam vir plaasverkope. Plaasverkope begin die eerste Maandag na ons produksie veiling wat altyd die eerste Donderdag van Februarie plaasvind.

AA stoet ramme van die vorige jaar word ook soms op produksie veilings aangebied vir mede stoet telers en behaal veral goeie pryse.

Beste teelmateriaal

Die grootste voordeel van ons bestuursprogram is dat ‘n groot groep ramme onder natuurlike omstandighede bestuur word en prestasiegetoets word. Die beste van die bestes word letterlik geidentifiseer. So ‘n groot groep ramme kan nie in die harde Suid Vrystaat kunsmatig bestuur word nie. Dit is net nie prakties nie, daarom is ons ramme gehard en aangepas vir ons omgewing. Hierdie beste teelmateriaal word weer deur al vier telers gebruik, sodat teeltvordering vinniger plaasvind.

CRUX se groot ooi basis en gevolglike seleksie druk gee ons ‘n voorsprong teenoor indivuduele telers.

Kontak ons vandag