Dohne Merino Geskiedenis

Met dank en erkenning aan Cameron McMaster.
Dohne Merino

‘n Fenominale Skaapras

Die skaap industrie

Die skaap industrie in Suid Afrika het sy oorsprong in die vroë negentiende eeu. Na die Peninsula oorlog (1808 – 1813) is fyn-wol Merino’s van Spanje dwarsoor die wêreld versprei. Voor en na die wêreldoorlog het Merino skaapboere gesukkel om volhoubaar te boer as gevolg van lae lammeroeste en hoë mortaliteite. Hoë reproduksie vanaf ‘n robuuste skaapras was die behoefte sonder dat lae wolmikrons ingeboet moes word.

Mnr JJJ Kotze

Tydens die ontwikkeling van die Dohnemerino het Mnr JJJ Kotze ongetwyfeld as ‘n individuele leier opgestaan en daarom staan hy as die “Vader” van die ras bekend. Mnr Kotze was aangestel as die eerste Direkteur van die nuwe Dohne Landbou Ontwikkelingstasie in Stutterheim. Hy het vinnig besef dat die harde suurveld omgewing by Dohne vereis ‘n beter aanpasbare en meer effektiewe skaap tipe.

Ons werk saam

Die span

die “nuwe” ras

Daarom het Oom Koot in 1939 by die Landbounavorsingstasie begin met die ontwikkeling van ‘n wolvleisskaap wat aanpasbaarheid, hoë vrugbaarheid en lamgroeitempo as doelwit gehad het. Die Dohne se eerste kruising het plaasgevind tussen ‘n Duitse Merino ram en Merino ooie van Suid Afrika in 1939. Gou is besef die kruising is aangepas en hoogs produktief in die suurveld naby Dohne. Die samewerking van plaaslike boere het die teelprogram help uitbrei. Die eerste privaat stoete is ontwikkel onder die toesig van Mnr Kotze. Van die belangrikste was die Waterford stoet (G W Featherstone), die Ross stoet (JBL Blaine) en die Wauldby stoet (RL Blaine). In die 1950’s het ‘n tipe begin ontwikkel en die nuwe ras is kommersieel bekend gestel. Dit het vinnig ‘n feit geword dat die “nuwe” ras goed aangepas is vir die area. Reproduksie het so toegeneem dat boere groot hoeveelhede jaarliks ekstra gehad het vir verkope. Vinnig het ‘n hele paar dogter stoete ontstaan vanaf die paar oorspronklike stoete.

Fenominale sinergie

Die Walrich skaap, wat absolute soortgelyke teeltbeleid en seleksiedoelwitte gehad het wat in 1961 ontstaan het deur die toepasing van Walter (Jock) Higgs van Richmond, Zastron, is in 1982 amalgameer met die Dohnemerino, nadat samesprekings tussen die twee telersverenigings begin is in 1975 deur die verteenwoordigende bestuurders- Harry Prinsloo en Cameron McMaster. ‘n Gesamentlke algemene vergadering deur altwee verenigings is gehou op 21 Julie 1982, in Bloemfontein, wat fenominale sinergie voordele meegebring het in terme van teelmateriaal, finansies, sowel as entoesieastiese en suksesvolle telers.

Serdertdien het die Dohnemerino van krag tot krag gegaan, telers en kommersiele boere het gou die superioriteit van die Dohnemerino teenoor ander rasse identifiseer en die Dohne met sy dubbeldoeleienskappe genereer vandag ‘n marge wat kan kers vashou by enige skaapras.
Kontak ons vandag