Seleksie kriteria

Reproduksie onder natuurlike omstandighede is die kern van ons seleksie kriteria.

Dohne Merino

Seleksie kriteria

Goeie moeders is die basis van ons teling. ‘n Kaal, oop kop skaap, om die steekgras te trotseer. ‘n Vleis-wol skaap, met balans tussen wol en vleis. ‘n Puik bouvorm, met ‘n medium raam. As gevolg van die harde Suid-Vrystaat moet diere nie te groot wees nie. Groot diere eet te veel. Goeie hoë kwaliteit wol. Die natuur help selekteer die geharde, funksionele, doeltreffende diere.

CRUX DOHNES selekteer uit ongeveer 20 000 teelooie, wat almal op natuurlike weiding met stoet ramme gepaar word. Slegs die top 5% aanteel diere kwalifiseer as F3 stoet ooie. Stoet ooie sal beperk word tot ongeveer 2000. Ons ooie is ons trots en ons glo dat funksionele ooie wat reproduseer die belangrikste kenmerk is van enige boerdery en stoet. Voor jy ‘n ram koop, maak eers seker jy ken sy moeder se geskiedenis.

Die Falkirk indeks stelsel word ook gebruik. Die indekse is in New Zeeland ontwikkel. Die oogspier van die dier word met ‘n “scanner” gemeet. Daarvolgens kan die been tot vleis tot vet verhouding van elke skaap se oogspier bepaal word. Volgens ‘n indeks sisteem word diere dan geplaas van die beste vleis eienskappe tot die swakste. Groot diere het nie noodwendig baie vleis nie, maar soms baie been ens. Deur die Falkirk stelsel ook te gebruik as seleksie maatstaf van die oogspier, beoog CRUX om nog beter funksionele diere te teel.

  • Gehardheid & Fiksheid – (Aanpasbaarheid, Weerstand teen stres)
  • Reproduksie – (Vrugbaarheid, Fekunditeit, Moedereienskappe, Lamoorlewing)
  • Lamgroeivermoë
  • Wolproduksie

Ramlammers word vanaf speen saam gegroepeer (ongeveer 1200) in een populasie en as eenheid bestuur onder dieselfde omstandighede vir maksimum mededinging en oorlewing (gehardheid en fiksheid).

Meet om te weet was nog altyd belangrik by die teel van ‘n wetenskaplike Suid-Afrikaanse skaapras soos die Dohne. Die Dohne is een van die min skaaprasse wat nie glo aan skou diere nie. Prestasie toetsing en BLUP verwerkings, om toekomstige teelwaardes te bepaal is verseker ook ‘n belangrike hulpmiddel by die seleksie van diere.

Groter is nie noodwendig beter nie. Groter diere is soms hoog op die been en platsydig. Deur elke dier se oogspier te “scan” word verseker ons teel diere met goeie bouvorm en baie vleis en nie net vet of been nie. Die versnelling van tempo van teelvordering word deur die volgende beginsels bepaal:

  • Die verhoging in die selleksie differensiaal (die groote van die populasie)
  • Die inkorting van die generasie interval (maks jongramme en ooie in die populasie)
  • Geharde, aangepaste diere, met balans is waarna ons strewe. Die beste aanwas uit 20 000 ooie wys dus die weg, die spreekwoordelike CRUX.

Kontak ons vandag