Ram gallery

Die ramgallery bevat inligting van beproefde CRUX stoet ramme waarvan die nageslag reeds gekeur is en waarvan meer as 50% keuring geslaag het. Die ramme wat seker die grootste invloed in CRUX DOHNES gehad het, is die bekende AS 1996.161 en ‘n seun van AS 1996.161 met ‘n CRUX moeder SK 2002.18. Beide ramme het nageslag in meer as 16 stoete landwyd. Beide ramme het ook goedgekeurde nageslag van 2000 plus lammers en albei ramme was vir lank eerste en tweede op die Dohne Merino Rasgenootskap se Elite sire lyste.

JL 0.448 banier kind

CRUX se ooi basis is ons trots. Ons glo dat dit goeie moeders is wat ‘n sire teel wat presteer. CRUX het dan ook die grootste fondasie kudde in Suid Afrika van ongeveer 20 000 ooie. Dit is hierdie ooi basis wat ons ‘n voorsprong gee in die stoetbedryf.

CRUX Dohnes doen alles in sy vermoë om geharde funksionele gebalanseerde doeltreffende diere te teel vir die skaapboere van die wêreld.

Kies ‘n dier om sy stamboom en besonderhede te sien: