Hoekom Crux?

Rigting aanwyser vir die Christendom

Dohne Merino

‘n Fenominale Skaapras

CRUX is die latynse woord vir kruis. Die beeld van ‘n kruis word dan ook op geestelike vlak oor die eeue heen gebruik as rigting aanwyser vir die Christendom.

Die simbool van God se genade en liefde vir ons sondaar mense. CRUX DOHNES belei dat wat ons is, is slegs genade en dat Jesus Christus ons rigting bepaal vir die lewe.

Die Latynse woord vir kruis, naamlik CRUX, is deur Griekse sterrekundiges aan ‘n kruisvormige konstellasie in die hemelruim gegee. Oor die eeue heen het die CRUX konstellasie seevaarders en reisigers gehelp om rigting te bepaal in die duister. Jare later het die konstellasie in Engels bekend gestaan as die “Southern Cross” en in Afrikaans die “Suiderkruis”. CRUX DOHNES beoog om rigting aan te wys vir skaapboere op die vlak van diere teling.

“CRUX DOHNES beoog om rigting aan te wys vir skaapboere op die vlak van diere teling.”

Kontak ons vandag