Crux studiegroep moedig winsgewendheid aan

Rekordhouding, meet om te weet!

CRUX DOHNES het in Mei 2009, met die hulp van Dr Antonie Geyer van Grootfontein Landbou kollege en Jan Louis Venter, produksie adviseur van die NWKV in Bloemfontein, ‘n studiegroep begin. Die doel is om die gem wins per hektaar te bepaal vir elke area waar daar met skape geboer word. CRUX DOHNES kliënte en telers kan hulle ook vergelyk met die gemiddelde wins per hektaar van sy distrik. So word verbetering in winsgewindheid aangemoedig.Die gemiddelde wins per hektaar in elke distrik is baie belangrik vir CRUX DOHNES boere wanneer dit kom by die huur van grond, asook die aankoop van nuwe grond. Boere word aangemoedig om deel te word van ons CRUX DOHNES studiegroep.

Boere op die foto was op ons stigtingsvergadering teenwoordig.

P1020358-groter