Crux teler streekwenner van bobaasteler kompetisie

CRUX teler Mnr Koos Vosloo is aangewys as streekwenner van streek 5 van die Dohne Merino Rasgenootskap se Top Teler kompetisie vir 2009.

Die prys is oorhandig in Bloemfontein voor die afskop van die Nasionale veiling. Die oorhandiging het plaas gevind tydens ‘n plegtige geleentheid. Tydens die plegtige geleentheid het daar ook ‘n modeparade plaasgevind waar wol klere gemoduleer is.

Baie geluk met die puik prestasie!