Crux presteer op Nasionale Veiling in Bloemfontein op 17 Februarie 2010

CRUX Dohne’s maak sy merk op die Nasionale veiling in Bloemfontein gehou op 17 Februarie 2010.

UItstekende resultate op Nasionale veiling dui op goeie aanvraag vir CRUX ramme.Die jaarlikse Dohne Merino veiling was gehou op 17 Februarie 2010 en 52 ramme was verkoop. Die hoogste prys was R 58 000.00 vir ‘n ram van Mnr Wynand du Toit. CRUX se hoogste prys was R 29 000.00 vir ‘n ram wat kom uit die De Put stoet van Mnr Koos Vosloo. CRUX behaal dan ook ‘n gemiddeld van R 21 000.00 vir 4 ramme ingeskryf. Dit is die 4 de hoogste gemiddeld van al die telers wat ramme ingeskryf het.