Crux Dohnes vleis is baie gewild

CRUX -DOHNE-vleis is baie gewild tydens skaapvleis aand op 29 Oktober 2010, De Oude Kraal, Tierpoort. Vyfhonderd gaste het die skaapvleis aand bygewoon. Gaste het verskillende skaapvleisgeregte geproe en beoordeel. CRUX DOHNES se vleis is aangewys as die smaaklikste van al die skaaprasse op die vleisproe aand.

De-Oude-kraal-P1040256

Daar was agt skaaprasse verteenwoordig:

  1. Merino,
  2. Dorper,
  3. Dohne merino,
  4. Dormer,
  5. Suffolk,
  6. Afrino,
  7. Ile de France,
  8. Vleis Merino.

Gaste het die verskillende skaapvleis geregte gepunt volgens sagtheid, tekstuur en smaak. Daar was verskillende skaapvleis geregte o.a. (1) frikkadelle, (2) herderspastei, (3) pasteitjies, (4) lewer in netvet, (5) tong in mostert sous, (6) sosaties, (7) tjoppies, (8) worsies, (9) stroganoff, (10) roerbraai, (11) ribbetjies, (12) afval, (13) skenkel pot, (14) stertjies ens.

vleisstalletjie-P1040248

Al die rasse se boude is gespitbraai en snitte van die boudvleis was veral gewild gewees.

veisproe-Chris-Wikus-P1040244

skaapboude-spit-P1040245

Die drie dogters van Gerhard en Marie Lombaard van De Oude Kraal het baie gehelp met die reelings.

Drie-dogters-oudekraal-P1040286

Die Grey Kollege Boere orkes was verantwoordelik vir die musiek en die dans.

Grey-boereorkes-P1040268