Crux ondersteun Hoërskool Hopetown

Crux Dohnes ondersteun Hoërskool Hopetown op die afgelope Agri Oranje Landbou Unie Expo op 22 Oktober 2010 gehou. Dohnes is hoog op aanvraag in hierdie area van ons land. Dit blyk dat Dohnes een van die rasse is wat die vermoë het om die meeste geld te produseer onder aangeplante weidings van die Hopetown omgewing. Dit is veral die Dohne se hoë vrugbaarheid en swaar speenlammers wat hom baie gewild maak onder boere. Die Dohne staan niks terug vir die suiwer vleis rasse nie en het nog wol ook as ‘n bonus.

HOPETOWN EXPO 004

Die Dohne merino is aanpasbaar in al die dele van ons land en het homself bewys vanaf ekstensiewe toestande tot en met intensiewe toestande.

HOPETOWN EXPO 006

Boere, soos mnr Leon Trollip van Luckhoff behaal lampersentasies van 165% en speenpersentasies van tot 150% onder besproeiing met Dohne merino’s. Mnr Trollip hou 600 ooie aan op 100 ha lusern onder besproeiing en behaal ‘n netto inkomste van tot R 18 237/ha. Kontak gerus mnr Trollip by 082 332 7817 vir meer inligting. Die Farmers Weekly van 22 Oktober 2010 het ook ‘n volledige artikel oor mnr Trollip se boerdery gedoen. Kyk bladsy 48 en 49. CRUX DOHNES is baie trots op mnr Trollip as een van ons kliënte!

HOPETOWN EXPO 008