Smithfield se Goue Vag Boere Gholfdag

CRUX DOHNES was een van die borge op Smithfield se Goue Vag Boere Gholfdag gehou op die 27 ste Oktober 2010. CRUX het ‘n prys gegee vir ‘n “Lucky Draw” van 15 % afslag op jou totale ram aankope op ons volgende produksieveiling 3 Februarie 2011. Die prys is gewen deur Mnr Koos Barkhuizen van Luckhoff. Baie geluk aan Mnr Barkhuizen. Hy het ook op die laaste CRUX produksie veiling die derde duurste ram gekoop vir R 17 500 en is ‘n gewaardeerde kliënt.

Smithfield-090

CRUX en sy kliënte het 2 spanne ingeskryf van 4 spelers elk wat die gholfbaan aangedurf het.

Smithfield-092

Smithfield-099

Dit was ook lekker om vir Mnr Abri Le Roux, van Smithfield-Bethulie en sy plaasbestuurder Mnr MW Linström, by ons uitstalling op te merk. Mnr Andre van Wyk, ‘n gewaardeerde kliënt hou hulle geselskap.

Smithfield-088

Crux is trots op Smithfield vir ‘n puik dag aangebied!